Vryheid in Afrikaans (free translation) by Diana Ferrus

Vryheid

As Vryheid beteken dat jy jou mond moet hou want ek het iets om te se

As Vryheid beteken dat jy agter slot en grendel moet lewe want dan hoef ons nie bang te wees vir jou andersheid

As Vryheid beteken dat ek alleen die dag van more bepaal deur toe te laat dat vandag se dag ‘n bietjie minder dag is

As Vryheid beteken dat ek die deur kan sluit en vrylik na die skerm kan kyk na dit wat liefs vermy moet word

As Vryheid beteken dat ek sonder bekommernisse kan slaap omdat ander se stemme kwaadwilliglik stilgemaak is

As Vryheid beteken dat ek kan eet wat en wanneer ek wil en die oorskiet in die koerante laat val wat niks berig oor honger nie

As Vryheid beteken dat ek nie omgee oor wat my vry gemaak het nie, wat my vry hou nie maar dat ek eintlik elke dag in Vryheid gevange geneem word

As Vryheid beteken dat ek op ander wag om my te bevry van die vrese waarop ek so swaar vertrou

As Vryheid my gedagtes vasmaak, as vryheid heen en weer, oral rondom en in my waai maar onbereikbaar bly vir jou

As vryheid my beskerm teen jou idees wat te verskillend is van myne

As Vryheid vandag vir my so vanselfsprekend is en jy nie weet wat dit beteken nie

Dan is Vryheid munt vir my en kop af vir jou, dan is Vryheid net wind en selfbehep

Maar miskien sal dit my toelaat om met wedersydse goeddunke natuurlik ‘n gedeelte van my oormatige Vryheid vir ‘n tydjie of selfs langer af te staan sodat ek jou van my verstikkende Vryheid kan bevry

Marion Bloem

Translation in Afrikaans by Diana Ferrus
From original poem “Vrijheid” (Freedom) by Marion Bloem