Afrikaans Archives - Freedom by Marion Bloem https://freedombymarionbloem.com/language/afrikaans/ A poem to understand the meaning of the concept FREEDOM Sun, 19 May 2019 18:12:23 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.7.1 Vryheid in Afrikaans by Piet Venter https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-by-piet-venter/ https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-by-piet-venter/#respond Mon, 22 Apr 2013 22:00:00 +0000 https://freedom.pilvia.site/?p=127 Vryheid As Vryheid beteken hou jou mond want ek het iets om te sê As Vryheid beteken dat jy agter tralies is, want dan hoef ons nie bang te wees vir jou andersheid en jou anderse doen en late nie As Vryheid beteken dat môre bepaal word deur vandag ‘n bietjie minder dag te laat […]

The post Vryheid in Afrikaans by Piet Venter appeared first on Freedom by Marion Bloem.

]]>

Vryheid

As Vryheid beteken hou jou mond
want ek het iets om te sê

As Vryheid beteken dat jy agter tralies is, want
dan hoef ons nie bang te wees
vir jou andersheid en jou anderse doen en late nie

As Vryheid beteken dat môre
bepaal word deur vandag ‘n bietjie
minder dag te laat wees

As Vryheid beteken: om die deure te sluit
en om vrylik op die TV skerm te kyk
na wat veilig uit die buurt gehou moet word

As Vryheid beteken dat jy steeds rustig kan slaap
omdat ander mense se stemme kwaadwilliglik stilgemaak is

As Vryheid beteken: eet wat en wanneer jy wil
maar dat jy die skille laat val in die koerante
waar die honger verswyg word

As Vryheid beteken: om net te hoef te weet wat my
vrygemaak het, wat my vry hou; my
elke dag in vryheid gevange neem

As Vryheid beteken: wag tot die ander
my bevry van angste waarop ek so
sterk vertrou

As Vryheid my gedagtes pleister
as Vryheid om my heen, oral en in my waai,
maar vir jou onbereikbaar bly

As Vryheid my beskerm
teen jou idees wat vir my te ánders is

As Vryheid vir my vandag so
vanselfsprekend lyk, en jy nie
weet wat dit beteken nie

Dan is Vryheid munt vir my
en kop-af vir jou
dan is Vryheid leeg en arbitrêr

Maar miskien sal dit my wel toelaat
om iets van my aansienlike vryheid – met
wedersydse goeddunke, natuurlik –
tydelik of vir ‘n langer tyd
af te staan om jou
van my verstikkende vryheid
te bevry

Translation in Afrikaans by Piet Venter
From original poem “Vrijheid” (Freedom) by Marion Bloem

The post Vryheid in Afrikaans by Piet Venter appeared first on Freedom by Marion Bloem.

]]>
https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-by-piet-venter/feed/ 0
Vryheid in Afrikaans by Diana Ferrus https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-by-diana-ferrus/ https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-by-diana-ferrus/#respond Mon, 22 Apr 2013 22:00:00 +0000 https://freedom.pilvia.site/?p=128 Vryheid As Vryheid beteken: hou jou mond want ek het iets om te sê As Vryheid beteken: jy agter tralies want dan hoef ons nie bang te wees omdat jy anders is en (anders) doen As Vryheid beteken: ‘n eensydige bepaling van die dag van more deur toe te laat dat vandag se dag ‘n […]

The post Vryheid in Afrikaans by Diana Ferrus appeared first on Freedom by Marion Bloem.

]]>

Vryheid

As Vryheid beteken: hou jou mond
want ek het iets om te sê

As Vryheid beteken: jy agter tralies
want dan hoef ons nie bang te wees
omdat jy anders is en (anders) doen

As Vryheid beteken: ‘n eensydige bepaling
van die dag van more deur toe te laat
dat vandag se dag ‘n bietjie minder dag is

As Vryheid beteken: die deur sluit
om vrylik na die skerm te kyk
na dit wat liewers vermy moes word

As Vryheid beteken: ongestoord rustig slaap
omdat ander se stem
moedswillig ontneem is

As Vryheid beteken: om te eet wat en wanneer jy wil
maar om die skille In die koerante te laat val
waar die honger verswyg word

As Vryheid beteken: nie hoef te weet
wat my vry gemaak het, my vry hou,
my in Vryheid elke dag gevange neem

As Vryheid beteken: op die ander wag
om my te bevry van die vrese waarop ek
heiliglik vertrou

As Vryheid my gedagtes pleister
as Vryheid heen en weer, oral rondom
en in my waai
maar ontasbaar is vir jou

As Vryheid my beskerm teen jou idees
wat vir my te verskillend voorkom as myne

As Vryheid vandag vir my so vanselfsprekend is
en jy nie weet wat dit beteken

Dan is Vryheid munt vir my
en ‘n onthofing vir jou
Dan is Vryheid windmaak en eiemagtig

Maar miskien laat dit my toe
om met wedersydse goeddunke natuurlik
‘n gedeelte van my oorvloedige Vryheid
tydelik of vir ‘n langer tydsduurte af te staan
om jou van my verstikkende Vryheid te bevry.

Marion Bloem

Translation in Afrikaans by Diana Ferrus
From original poem “Vrijheid” (Freedom) by Marion Bloem

The post Vryheid in Afrikaans by Diana Ferrus appeared first on Freedom by Marion Bloem.

]]>
https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-by-diana-ferrus/feed/ 0
Vryheid in Afrikaans (free translation) by Diana Ferrus https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-free-translation-by-diana-ferrus/ https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-free-translation-by-diana-ferrus/#respond Mon, 22 Apr 2013 22:00:00 +0000 https://freedom.pilvia.site/?p=129 Vryheid As Vryheid beteken dat jy jou mond moet hou want ek het iets om te se As Vryheid beteken dat jy agter slot en grendel moet lewe want dan hoef ons nie bang te wees vir jou andersheid As Vryheid beteken dat ek alleen die dag van more bepaal deur toe te laat dat […]

The post Vryheid in Afrikaans (free translation) by Diana Ferrus appeared first on Freedom by Marion Bloem.

]]>

Vryheid

As Vryheid beteken dat jy jou mond moet hou want ek het iets om te se

As Vryheid beteken dat jy agter slot en grendel moet lewe want dan hoef ons nie bang te wees vir jou andersheid

As Vryheid beteken dat ek alleen die dag van more bepaal deur toe te laat dat vandag se dag ‘n bietjie minder dag is

As Vryheid beteken dat ek die deur kan sluit en vrylik na die skerm kan kyk na dit wat liefs vermy moet word

As Vryheid beteken dat ek sonder bekommernisse kan slaap omdat ander se stemme kwaadwilliglik stilgemaak is

As Vryheid beteken dat ek kan eet wat en wanneer ek wil en die oorskiet in die koerante laat val wat niks berig oor honger nie

As Vryheid beteken dat ek nie omgee oor wat my vry gemaak het nie, wat my vry hou nie maar dat ek eintlik elke dag in Vryheid gevange geneem word

As Vryheid beteken dat ek op ander wag om my te bevry van die vrese waarop ek so swaar vertrou

As Vryheid my gedagtes vasmaak, as vryheid heen en weer, oral rondom en in my waai maar onbereikbaar bly vir jou

As vryheid my beskerm teen jou idees wat te verskillend is van myne

As Vryheid vandag vir my so vanselfsprekend is en jy nie weet wat dit beteken nie

Dan is Vryheid munt vir my en kop af vir jou, dan is Vryheid net wind en selfbehep

Maar miskien sal dit my toelaat om met wedersydse goeddunke natuurlik ‘n gedeelte van my oormatige Vryheid vir ‘n tydjie of selfs langer af te staan sodat ek jou van my verstikkende Vryheid kan bevry

Marion Bloem

Translation in Afrikaans by Diana Ferrus
From original poem “Vrijheid” (Freedom) by Marion Bloem

The post Vryheid in Afrikaans (free translation) by Diana Ferrus appeared first on Freedom by Marion Bloem.

]]>
https://freedombymarionbloem.com/vryheid-in-afrikaans-free-translation-by-diana-ferrus/feed/ 0